welkom by die wees gelukkig projek!


Die Wees gelukkig projek is ’n Finesse insiatief wat jou gaan help om in slegs 29 dae weer geluk te vind! Jou lewe sal nooit weer dieselfde wees nie.

Want, het jy geweet meeste mense is nie regtig gelukkig nie?
Om die waarheid te se, ly meer mense vandag aan depressie as ooit tevore. Ons onvermoe om gelukkig te te wees is besig om ons siek te maak. Maar hoekom is meer mense nie gelukkig nie?

Geluk is elke mens se verantwoordelikheid. Dis hoekom dit so moeilik is om gelukkige te wees, want ons wag heeltyd vir ander mense en beter omstandighede om ons gelukkig te maak!Geluk le binne jou, en jy gaan lank soek as jy dit op ander plekke soek.

Maar hoe ontdek jy hierdie geluk binne jou? Deur Kobus Neethling en Rache Rutherford se omkeer-dagboek “Vind geluk in 29 dae” ! Dié boekie sal jou dag vir dag, stap vir stap help om jou slegte gewoontes af te skud, sodat jy met reg kan sê: Ek is regtig gelukkig!

Blog saam

Koop die boekie en kom blog saam met ons vier celebs oor jou ervaringe…
Dis nou JOU tyd om sterk te staan en die oorwinning te geniet!

     

Ons het 4 celebs gekies om deur die boekie te werk - kyk wat hulle te sê het!

sarah theron

hykie berg

amanda kuit

jacqui january